Argief van alle artikels
Hier kan u alle artikels vind wat in die Botanix in Afrikaans beskikbaar is.
Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante
Outeur: KPR
Kategorie: Peste
Inligting rondom plantpeste- en siektes
NOVODOR FC vir die bestriding van die aartappelkewer
Ek dink nie ek het nodig om die Colorado aartappelkewer (Leptinotarsa decemlineata) spesifiek aan u bekend te stel nie aangesien almal hierdie enorme pes ken wat geweldige skade aan die aartappel aanrig. Dit is ook nie moontlik om van hierdie pes ontslae te raak sonder die gebruik van chemikalië nie. Niemand weet tans van enige biologiese kuur wat gebruik kan word in die bestryding teen die Colorado aartappelkewer nie.
Hom om die boonkalander uit te roei
Ek veronderstel dat dit nie nodig is om die boonkalander aan u bekend te stel nie – dit is ʼn klein kewer van sowat 3–4 mm lank wat byvoorbeeld in sade in die kombuis gevind kan word.
Hierdie skadelike klein kewers ontwikkel in die sade van alle soorte peule. Om die waarheid te sê kom hierdie kewers in alle peule voor – die breëboon-kewer kom voor in die breëboon; die ertjie-kewer kom voor in ertjies, die lensie-kewer kom in lensies voor en die tuinbreë-kewer kom voor in die tuinbreë boontjie.
Op die beskadigde sade kan klein gaatjies gevind word waar larwes die saad beskadig het. Wanneer die volwasse kewer uitbroei, word boorgaatjies in die sade sigbaar. Kewers veroorsaak gewoonlik die meeste skade wanneer die sade geberg word (omdat die lewensomstandighede vir hulle dan ideaal is) ongeag die feit at die plant reeds besmet is toe dit nog in die tuin was.
Dit is gelukkig baie maklik en effektief om hierdie kewers te bestry en u het ʼn 100% kans op sukses!
Meer oor die KPR
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.
Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante