Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Kiwano – Cucumis metuliferus

Die 10–15 cm lange Kiwano-vrug lyk soos ʼn lemoen en behoort aan die komkommer-familie. Die vrug het klein uitsteekseltjies op die skil en laat mens onwillekeurig dink aan ʼn Middeleeuse wapen. Die vlees van die vrug is groen en bevat gewoonlik baie 5–10mm lange wit sade. Wanneer dit nog nie ryp is nie, is die kleur van die vrug heldergroen.

Hierdie vrugte word vanaf Israel en midde-Amerika ingevoer. Die sade word saam met die vrug geëet. Die Kiwano smaak soos ʼn vermenging van komkommer, murg-van-groente en piesang. Na die Kiwano geëet is, kan die skil daarvan vir kleinbordjies gebruik word en die sade kan gesaai word. Dit is ʼn plant wat vinnig groei en die plant lyk soos murg-van-groente (“marrow”) met lang stingels en ranke. Die blare laat mens dink aan ʼn komkommerplant omdat dit ook klein, stekelrige haartjies op het.

Die bestuiwing van die 3mm lange blommetjies geskied op dieselfde manier as by die komkommerplant. Ons moet altyd in gedagte hou dat die vrug kan vrot wanneer dit in kontak met die grond kom. Die Kiwano groei baie goed by ʼn temperatuur van rondom 25 °C. Daarom word die temperatuur in groeibokse dieselfde gehou as in die geval van komkommers of waatlemoene en spanspekke. Die Kiwano kan nie ryp verduur nie en indien u woon in ʼn gebied waar ryp voorkom, is dit noodsaaklik om die Kiwano eers ná die ryp-periode buite te plant.

««« Vorige artikel: Welwitschia (Welwitschia mirabilis) – die kweek van ʼn lewende fossiel Volgende artikel: Hoe om die Vierblaar Klawer (Marsilea quadrifolia) te kweek »»»

Dinsdag 2.11.2010 06:18 | Druk | Eksotiese plante

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante