Cherimoya (Annona cherimola)
Buitengewoon interessante tipes tropiese vrugte word tans ingevoer na Europa. Ek het onlangs die voorreg gehad om ʼn cherimoya-vrug te koop en te proe hoe dit smaak. Hierdie vrug is nog nie in vrugtewinkels b eski kbaa r ni e, m aar te d anke a an m y ei e go eie smaa k, s al d it v inni g be skik baar  we es!< /p> n < !-- by T e x y 2 ! - - > n
Die Cher imoy a is die mees algemene naam vir die vrug van die Annona cherimola wat groei in die valleie van die Andes vanaf Columbië tot Peru by ʼn hoogte bo seespieël van 700 tot 2400 m. Dit verduur ook laer temperature en kan daarom gekweek word in warmer dele van die wêreld – selfs tot sover as Israel en Suid-Spanje. Daar is sowat 120 tipes in hierdie spesie aan ons bekend.
Die cherimoya het ʼn groenbruin skil en die oppervlak is grof en onreëlmatig en lyk asof iemand hul vingermerke daarop gelaat het. Groen vrugte kan by kamertemperatuur geberg word. Die vlees van die vrug is vlesig, roomkleurig en smaak soos piesang en/of pynappel. Binne die vrug is 10 tot 20 rooi sade so groot soos bone en die vrug word gewoonlik rou geëet.
U kan die saad in u eie huis plant of in ʼn kweekhuis. Die ontkiemingsproses verskil maar duur gewoonlik rondom ʼn week of drie. Die gunstigste temperatuur is rondom 27 °C. Jong plante is rooskleurig maar verander vinnig na ʼn donkergroen kleur met harige ovaalvormige blare wat sowat 10 tot 15 cm lank is, aan die agterkant van die vrug.
Die plant verloor sy blare in die winter en wanneer dit beskadig word, ruik dit heel ongewoon. Waar die blare afval, groei nuwe takkies. Alle tipes Annona-plante vereis baie lig en ʼn spesiale plek om te hiberneer – hierdie is nogal ʼn besprekingspunt tussen kwekers! Ek plaas gewoonlik die Annona in ʼn plek met ʼn temperatuur van tussen 10 tot 15 °C. Gedurende die winter kan ʼn mens die groeiprosesse van verskillende plante by kamertemperatuur dophou om te sien watter van die plante eerste blom.
Die Annona blom drie tot vyf keer per jaar. Voordat die plant blom, lyk dit effens verlep en verloor feitlik al sy blare. Die blom is dan geelbruin van kleur en blom waar die blare afgeval het, of blom met die koms van die nuwe blare. Twee plante is vir bestuiwing nodig en die vrugte word binne 5 tot 7 maande ryp.
Moenie bekommerd wees wanneer die bokant van die plant verlep lyk nie. Dit lyk oor die algemeen so. ʼn Kort droë tydperk sal nie sleg wees vir die plant nie, maar die plant benodig water in die winter ook. Indien u gelukkig genoeg is, mag u moontlik in staat wees om een van die volgende spesies te kan koop:
Annona squamosa – skilvormige Annona wat skilvormige vrugte soos die pynappel dra. Hierdie vrug word ook suikerappels genoem en die vrugte is geelgroen van kleur.
Annona muricata – Hierdie Annona het die meeste tropiese vrugte wat op die bas van die plant groei en baie groot is (1,5 tot 5 kg!) – dit het kegelvormige, gebuigde stekeltjies van sowat 0,5 cm lank. Die vrug is groen en die sogenaamde Corosol tee word van die blare van hierdie plant gemaak.
««« Vorige artikel: Sjinese tee – kweek jou eie tee! Volgende artikel: NOVODOR FC vir die bestriding van die aartappelkewer »»»
Woensdag 10.11.2010 19:46 | Druk | Eksotiese plante
Meer oor die KPR
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.
Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante