Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

NOVODOR FC vir die bestriding van die aartappelkewer

Ek dink nie ek het nodig om die Colorado aartappelkewer (Leptinotarsa decemlineata) spesifiek aan u bekend te stel nie aangesien almal hierdie enorme pes ken wat geweldige skade aan die aartappel aanrig. Dit is ook nie moontlik om van hierdie pes ontslae te raak sonder die gebruik van chemikalië nie. Niemand weet tans van enige biologiese kuur wat gebruik kan word in die bestryding teen die Colorado aartappelkewer nie.

Waar kom dit vandaan?

Die Colorado aartappelkewer kom vanaf Noord-Amerika tot Europa. Die kewers leef daar op beperkte skaal in die Cordillera gebied waar die kewer homself voed op die blare van die wilde aartappel. Toe die mens begin het om hierdie soort aartappel (botaniese naam: Solanum tuberosum) op groot skaal in Amerika te kweek, het die Colorado aartappelkewer vanaf die wilde aartappel beweeg na die gekweekte aartappel. Te dankie aan die aartappel, het die Colorado aartappelkewer dwarsoor die wêreld versprei.

NOVODOR FC – Die Trojaanse perd van die derde millenium?

Novodor FC bevat 2% proteïene van die bakterie Bacillus thuringiensis ssp. tenebroinis. Hierdie bakterie-ras vernietig eksklusief die larwe van die familie Galerucinae (dit vernietig bome soos die asboom, die els en die wilger) en die Colorado aartappelkewer.

Hierdie kuur veroorsaak siekte in die larwes van die genoemde tipe. Nadat die larwe die besproeide blare geëet het, hou hul op eet en gaan binne 2 tot 5 dae daarvan dood. Vir ander soorte larwes is hierdie nie giftig nie. Dit veroorsaak nie permanente skade aan die blare of die grond nie. Larwes word dus net vernietig deur hierdie kuur wanneer hul jonk is en nog nie in die volwasse stadium nie. Dit behoort dus net op baie jong larwes gebruik te word.

Om die effektiwiteit van hierdie kuur te waarborg, is die noodsaaklik vir die larwes om intensief te eet – dit is dus ook baie belangrik om die bokant en die onderkant van die blare genoegsaam te besproei met hierdie middel. Dit is die beste om hierdie middel te sprei wanneer daar geen wind is nie en die temperatuur bo 15 °C is. Indien dit binne 12 uur sou reën nadat hierdie middel toegedien is, moet die behandeling weer herhaal word.

Hierdie middel word verkoop in klein pakkies, in glasbotteltjies wat 100ml bevat en kos slegs rondom 3 €.

ʼn Ander ras van hierdie bakterie vernietig weer die larwes van die koolvlinder (Pieris brassicae) en die kabeljoutjie-mot (Cydia pomonella) (middel Biobit FC) asook muskiete.

Laastens die beste nuus: Die vrug (knol) kan direk na die besproeiing daarvan geëet word!

««« Vorige artikel: Cherimoya (Annona cherimola) Volgende artikel: Die aanplant van ʼn nuwe grasperk »»»

Donderdag 11.11.2010 20:08 | Druk | Peste

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante