Botanix - Tydskrif rondom plante

Afrikaans uitgawe

Rypbestande palm, die Rhapidophyllum hystrix (Die Naaldpalm)

Die Rhapidophyllum hystrix is een van die mees rypbetande palmspesies. Daar is slegs een spesie in die klas Rhapidophyllum. Die natuurlike habitat van hierdie palm is die nat gebiede van die Suid-Oostelike deel van die VSA. Aangesien hierdie plant se rypbestandheid so laag as – 20 °C is, is dit ʼn baie gewilde tuinplant dwarsoor die hele wêreld, veral in Europa.

Die Naaldpalm is ʼn geharde spesie, wat net sowat 1 tot 3 meter hoog groei, met lieflike stekels op die stam. Die Rhapidophyllum Hystrix is ʼn klein, struik-agtige waaierpalm wat ʼn menigte klein takkies vorm en uiteindelik ʼn wyer-wordende ronde, ondeurdringbare ruigte vorm. Die naaldpalm vorm nie ʼn stam nie maar in werklikheid eerder ʼn verlengde kroon wat sowat 1,2 m lank groei en sowat 17,8 cm in diameter groot word. Die takke bestaan uit ou blaasbasisse, vesel en lang, slanke takkies. Hul is gewoonlik regop maar by die ouer plante mag hul na die grond neerbuig op soek na lig en spasie. Soos wat elke tak groei en volwassenheid bereik, groei meer kleiner takkies tussen die blare uit.

Sade behoort in nat grond gesaai te word en gehou te word by ʼn temperatuur van sowat 20 °C. Dit is wys om die jong palms gedurende die eerste drie jaar weg te hou van enige ryp. Die naaldpalm verkies ʼn klam posisie in die son of skadywee, maar verkies oor die algemeen meer son wanneer hul groter word. Hul vertoon egter op hul beste in effense skadu. Wanneer hul in volle sonlig gekweek word, word die kroon dikwels baie kompak en die blare verloor hul donkergroen kleur. Plante ouer as drie jaar kan buite in die tuin aangehou word gedurende die hele jaar indien u woon in ʼn gebied waar die temperatuur nooit minder as 10 °C is nie. In koue gebiede moet u genoegsame winter-beskerming bied wanneer die temperatuur laer as 10 °C is.

Omdat dit ʼn rypbestande plant is, verkies dit goed-gedreineerde grond en moet dit suid geposisioneer word. Die grootste vyand van hierdie plant gedurende die winter is nie ryp nie, maar grond wat te nat is. ʼn Kombinasie van lae temperatuur en te veel water sal die plant se wortels laat doodgaan. Hierdie palm is in staat om ryp van tot –15 tot –20 °C te weerstaan en die laagste temperatuur waarin dit ooit oorleef het, is opgeteken as –28 °C.

Rypbestande palms te koop

««« Vorige artikel: Die Khasi Denneboom (Pinus kesiya) Volgende artikel: Die Indiese Beukeboom Pongamia Pinnata »»»

Saterdag 16.5.2009 19:05 | Druk | Palms

Meer oor die KPR

Logo of KPR - Tuiniersklub Slowakye
Die KPR Tuiniersklub is ʼn internasionale tuiniersorganisasie. Lees meer...
Deel jou ondervindinge en ervaringe rondom tuinmaak en die kweek van plante met ons. Skryf ʼn artikel oor tuinmaak, die kweek van plante ens en publiseer dit in jou eie taal in die Botanix. Kontak ons vir nadere inligting.

Kategorie: Alle Eksotiese plante Grasse Keëldraende plante Kweek-instruksies Palms Peste Plante van Indonesië Sampioene Waterplante