Hoe om die Vierblaar Klawer (Marsilea quadrifolia) te kweek

foto

Die vierblaar klawer (Marsilea quadrifolia) is ʼn watervaring waarvan die blare soos klawers lyk. Dink u dalk dat die watervaring en die klawer niks met mekaar te doen het nie? Inteendeel! Beide hierdie terme beskryf die karaktereienskappe van hierdie ongewone en baie dekoratiewe plante wat ook heel onbekend is in die tuinbou-wêreld.

Die vierblaar-klawer het lang wortelstokke wat mens aan skoenveters laat dink. Vanuit die wortelstokke groei blare wat op die water dryf. Hierdie blare is verdeel in vier dele, wat dan die vierblaar-klawer verteenwoordig. Wanneer ʼn mens die wortelstokke gedurende die herfs uit die water haal, kan mens klein deeltjies sien wat soos klein boontjies lyk – dit is die sporofiete waarin die spore gevind word. Vanhier die veronderstelling dat die plante van die varingfamilie afstam. Die vierblaar-klawer groei in stilstaande water wat ryk is in voedsame stowwe. Die vierblaar-klawer kom op alle kontinente, behalwe Suid-Amerika, voor.

In Amerika word hierdie plant as ʼn indringerplant beskou. In Slowakië groei hierdie plant op sewe plekke op die oewers van die Latorica Rivier. In vroeër dae het dit ook voorgekom in die gebied van die Bedrog Rivier, Laborec en Uh.

In tropiese gebiede word verwante spesies aangetref wat soms in akwariums gekweek word.

Die vierblaar-klawer (Marsilea quadrifolia), (onderhewig aan kweking) is nie ʼn veeleisende plant nie en is meer as tevrede met enige pot indien dit gevul is met water en ʼn klein bietjie grond op die bodem. U kan hierdie plant met gemak kweek in ʼn pot van 20×20×20cm, maar die ideale grootte van die pot wat sowat 60 tot 80 liter of meer kan hou. U kan die plant ook die hele jaar buite hou aangesien dit rypweerstandig is. Aangesien dit nie ʼn veeleisende plant is nie, en oral kan groei, kan enigiemand hierdie plant kweek.

foto

Die vierblaar-klawer sal die beste groei in ʼn tuindammetjie. Gooi eenvoudig ʼn bietjie tuingrond op die bodem van die dammetjie en plaas die wortelstokke in die grond. Hierna is baie min versorging nodig, omdat die vierblaar-klawer vir homself sal sorg. Die vierblaar-klawer sal maklik aanpas by die watervlak en die kwaliteit van die water is nie van enige belang vir die plant nie. U kan dit in verskeie dieptes – vanaf 5 tot 100cm – kweek en die plant se stingels sal self aanplas by die waterdiepte totdat die plant se blare op die wateroppervlak dryf. U kan die plant help deur die wortelstokke te verdeel. ʼn Klein wortelstok (van sowat 10cm) is meer as genoeg om ʼn pragtige tapyt van vierblaar-klawer op die wateroppervlak te verseker.

Printed from neznama adresa