Boomtabak (Nicotiana glauca)
Die mens se begeerte om iets nuuts, ongewoons en onkonvensioneel te maak, is onbeperk. Daarom droom tuiniers ook altyd daarvan om iets nuuts te kweek in die tuin – iets wat niemand anders het nie. Die plantmark gee dus elke jaar aan tuiniers iets nuuts om die honger van tuiniers wat altyd op soek is na iets nuuts, te stil! Die kommersiële bekendstelling van hierdie nuwe variëteite sal noodwendig ook groot verspreidingsmoontlikhede bring – en een van die dae sal hierdie plant ʼn bekende naam vir alle tuiniers wees!
Boomtabak (Nicotiana glauca)
In die laaste tien dekades het die meeste innoverings in die plantwêreld gekom van die nagskadu-familie (Solanaceae). Die bekendste hiervan is die petunia, surfinia en die “million bells”. (Calibrachoa). Die geheim van hul sukses lê in hul vinnige groei, vroeë blomtyd (wanneer hul van sade gekweek word, blom hul binne 3 maande, en wanneer hul gesnoei word, blom hul onmiddellik) asook die feit dat hul nie spesiale groeitoestande vereis nie. Hul vereis sonnige plekke maar groei ook baie goed in donkerder en kouer plekke.
Plante van die nagskadu-familie was egter nie altyd so gewild nie. Dink byvoorbeeld aan die aartappel en tamatie wat eers net gekweek is vir hul skoonheid! Toe daar uitgevind is dat hierdie plante geëet kan word, was mense eers baie agterdogtig. Nou word dit egter in die meeste lande verbruik en selfs tradisionele disse het plek gemaak vir hierdie plante!
In hierdie artikel stel ons u bekend aan die boomtabakplant – ʼn onkonvensionele balkonplant wat vanaf Amerika kom. Dit is ʼn vinnig-groeiende bolplant of boom en begin binne twee maande blom nadat dit gesaai is. Die takke van die volwasse plant groei tot 50 – 70 cm binne een maand!
Soos die Latynse naam reeds voorspel (glauca = grys), is die hele plant silwergrys van kleur. Daarom moet hierdie plant nie aangeraak nie aangesien dit sy silwerkleurige helderheid maklik verloor wanneer dit aangeraak word, en dan verkleur in ʼn onaantreklike liggroen kleur. Die blare is silwergrys, ovaalvormig en gepunt by die punte. Op die punte van die takke is klein takkies met sowat 20 tot 40 geel tregtervormige blommetjies. Hierdie blommetjies is sowat 3 tot 3,5cm lank en sowat 0,5cm breed. In die begin van die bloeitydperk is die blommetjies liggeel met liggroen puntjies. Na die bloeitydperk, verander die kleur van die blommetjies egter na donkergeel.
Die voordeel van hierdie plant is dat die blommetjies altyd aantreklik bly selfs nadat dit geblom het.
In teenstelling met byvoorbeeld die petunia, behou die blommetjies van hierdie plant hul vorm vir lank en bly aan die takkies hang vir ʼn lang tydperk.
Om hierdie spesie te kweek, is eenvoudig. U kan die tabakplant (Nicotiana glauca) binne die huis of buite die huis hou in die somer. U kan meer hiervan plant, deur die sade te gebruik – hierdie plant ontkiem maklik en die ontkiemingsproses is baie sterk. Die plante sal binne twee maande begin blom (indien u dit dus as balkonblomme wil gebruik vanaf Meimaand, kan u dit in Maart saai)
Indien u bly in gebiede waar ryp voorkom, moet die tabakplant gehou word waar die ryp dit nie kan bykom nie. Soos met die Pelargonium, kan u hierdie plante in ʼn kouer (maar ligter) omgewing hou gedurende die wintermaande. Wanneer die winter oor is, kan u die takke snoei (tot sowat die helfte daarvan) en die plant baie water gee. Die tabakplant sal dan binne een maand blom. Hierdie plant kan baie maklik tot ʼn boom groei wat u binneshuis kan hou. U kan hierdie plant egter nie van steggies kweek nie, aangesien dit baie moeilik wortels vorm (dit behoort egter glad nie ʼn probleem te wees nie, aangesien dit baie maklik is om vanaf sade te kweek)
Die tabakplant is nie veeleisend wanneer dit kom by voedingstowwe nie. U kan die plant voed met standaard kompos met ʼn tikkie ekstra fosfaat om ʼn pragtige blommeprag te verseker!
Printed from neznama adresa