In Europa is die beste tyd vir die aanplanting van ‘n nuwe grasperk of die aanplanting van ekstra gras op ‘n bestaande grasperk, vanaf Mei tot Junie. Indien daar min reën geval het in die lente, mag Julie egter die beste tyd wees om te plant.
Die aanplant van ‘n nuwe grasperk
Die gebied waar u die nuwe grasperk wil aanplant, moet omgedolf word tot ‘n diepte van sowat 10–15cm. U kan die grond nou gelykmaak met ‘n grondrolmeul.
U het nou twee moontlikhede:
a) Die saai van grassade
Eerstens moet die oppervlak van die gebied waar u wil saai, gemeet word. Dan moet u bepaal hoeveel saad u nodig sal hê. Hou in gedagte dat u 25g saad vir elke vierkante meter sal nodig hê. U sal ook bykomend ‘n ekstra 25g vir elke tien vierkante meter nodig hê. Sien ook verder toe dat die sade wat u aankoop, vars is aangesien grassade hul ontkiemingsvermoë vinnig verloor. (Die ontkiemingsvermoë van ‘n twee-jaar-oue saad is laer as 50%). Let asseblief ook op hoe die saad in die winkel geberg is (indien die saad nat is, of sommige van die sade reeds ontkiem het, is dit beter om die sade nie te koop nie – u kan dan moontlike teleurstellings voorkom). Die prys van grassaad wissel van sowat 3 € per kilogram (afhangend van die soort).
Kies u sade op die basis van die beplande gebruik van u grasperk (gaan u slegs daarop loop, daarop hardloop, dit vir oefening gebruik, of gaan diere daarop aangehou word). Eernstige verkopers sal aan u inligtingstukke gee wat u sal help in u keuse van sade aangesien daar ‘n magdom soorte sade is om van te kies. Betroubare winkels sal hierdie inligtingstukke aan hul kliënte verskaf wanneer hul daarvoor vra. Moet nooit sade koop sonder dat u behoorlik ingelig is nie.
Hou die sade in ‘n koue, droë plek nadat u dit gekoop het. Ons beveel sterk aan dat u die sade nie langer as een jaar hou nie aangesien die sade hul ontkiemingsvermoë vinnig verloor. Saai in Mei of Junie. Voordat u saai, moet u met behulp van ‘n hark 1cm diep vore in die grond maak. Nadat u die saad gesaai het, moet u die oppervlak rol met byvoorbeeld ‘n grondrolmeule en dit dan goed natmaak. Die saad sal binne 14 dae begin uitspruit.
Wanneer die gras sowat 10cm hoog is, moet die vir die eerste keer gesny word. Indien u kaal kolle op die grasperk vind, kan u ekstra sade hier saai. Indien u hou van ‘n mooi dik grastapyt, moet u die grasperk elke twee weke sny tot in September.
b) Geberuik grasteëls vir u grasperk Hierdie is ‘n vinniger, maar duurder manier. Dit is egter ook ‘n meer voordelige manier aangesien die meeste besighede wat grasteëls verkoop, ook die lê daarvan by die prys insluit. Die prys vir grasteëls, insluitend die arbeid, wissel van sowat 5 € per vierkante meter (afhangend van die soort)
2. Die instandhouding van ‘n bestaande grasperk Hark die hele grasperk om ontslae te raak van droë blare en gras – doen dit elke lente (afhangend van die weersomstandighede, is dit in Europa gewoonlik vanaf Maart tot Mei). Saai dan ekstra sade indien nodig. Die grasperk mag moontlik “opgelig” wees deur die ryp gedurende die wintermaande en moet dus liewers in die lente gerol word.
Die instandhouding van u grasperk word verbeter deur die grond goed lug te gee. Hiervoor kan u self ‘n eevoudige werktuig maak. Neem een 2–3cm dik houtplank en slaan 10cm-lange spykers daarin sodat dit by die ander kant uitkom. Maak seker dat die spykers 2–3cm uitmekaar is. Sit ‘n houthandvatsel aan (die lengte moet van so ‘n aard wees dat u dit maklik kan gebruik)
Neem nou die plank en plaas dit op die grasperk (nadat u dit gesny het). Staan daarop en trek dit dan uit. Herhaal die proses totdat u die hele grasperk so behandel het. U kan ook ‘n hark gebruik. Indien u die grasperk wil natlei, kan u dit hierna doen. Die water sal die wortels nou baie makliker bereik.
Printed from neznama adresa