Parajubaea torallyi is ʼn aantreklike geharde palm van Suid-Amerika. Dit word egter min deur tuiniers buite sy natuurlike habitat in Bolivië gekweek as gevolg van sy groot sade (wat verskepingskoste uiters duur maak).
Hierdie palm se oorsprong is in Bolivië en dit groei in die droë, stowwerige inter-Andiese valleie by ʼn hoogte bo seespieël van sowat 2700–3400 m. Hierdie palm is dus die palmspesie wat die hoogste bo seespieël groei in die hele wêreld. Die temperatuur styg selde bo 20 °C en nag-ryp is nie vreemd hier nie. Die temperatuur daal dikwels tot so laag as –7 °C gedurende die wintermaande (Julie en Augustus) en die jaarlikse reënval is slegs ʼn skamele 550 mm.
Hierdie palm se bestandheid teen droogte, hitte, koue en ryp, sowel as ander ongunstige toestande en sy vermoë om ʼn lieflike voorkoms te behou ten spyte van bogenoemde, laat sommige dink dat hierdie legendariese palm nie net enorme potensiaal het as ornamentele plant nie, maar dat dit ook een van die mees gesogte landskaps-palms vir gebiede met ʼn warm temperatuur en suptropiese gebiede kan wees. In gebiede waar ryp voorkom, het hierdie plant winter-beskerming nodig, of om te groei in ʼn ryp-vrye gebied. In Europa het hierdie plant ʼn temperatuur van –3°C oorleef en die laagste temperatuur waarin dit oorleef het, is ʼn skamele –8 ° C. Hoewel hierdie plante al hul blare verloor het in die uiterste koue, het dit oorleef en gedurende die Lente het nuwe blaartjies hul verskyning gemaak!
In Bolivië groei hierdie palm tot sowat 14 m hoog met ʼn stam van sowat 25–35 cm in omtrek. Palms van 100 jaar en ouer, groei tot so hoog soos 30m met ʼn stam-diamater van 50 cm. ʼn Mooi kroon het sowat 20 blare en sommige hiervan is tot 5 meter lank! Plante wat buite Bolivië groei, is egter kleiner.
Daar is twee afsonderlike populasies in die natuurlike habitat wat hoofsaaklik van mekaar verskil in die vrug-grootte en is onlangs beskryf as twee afsonderlike variëteite, naamlik die P. torallyi var. microcarpa met sy kleiner vrugte en die P. torallyi var. torallyi met sy groter vrugte. Hoewel hierdie twee variëteite nie veel in voorkoms verskil nie, word die var. microcarpa nie heeltemal so groot soos sy neef met die groter vrugte nie, maar wat betref aanpasbaarheid en gehardheid, is daar geen verskil tussen die twee variëteite nie.
Die sade het ʼn onregverdige reputasie dat dit nie ontkiem nie. Alhoewel ontkieming soms ietwat wisselvallig kan wees, sal die sade uiteindelik maklik uitspruit wanneer dit gesaai word in ordentlike toestande soos byvoorbeeld die oppervlak van saadbeddings, slegs halfpad onder die grond en effens klam gehou word. Met ordentlike sorg, in ʼn koel tot matig-subtropiese klimaat en sonnige gebied, sal saailinge vinnig ontwikkel tot hoë, sterk palms met lieflike groot krone bestaande uit fyn geveerde leer-agtige blare. Hierdie palm se bestandheid teen droogte, hitte, koue en ryp, sowel as ander ongunstige toestande en sy vermoë om ʼn lieflike voorkoms te behou ten spyte van bogenoemde, laat sommige dink dat hierdie legendariese palm nie net enorme potensiaal het as ornamentele plante nie, maar dat dit ook een van die mees gesogte landskaps-palms vir gebiede met ʼn warm temperatuur en suptropiese gebiede kan wees.
Parajubaea torallyi is ʼn gewilde ornamentele plant en word dikwels geplant in parke en op sypaadjies. In Ekwador en Suid-Columbië wor die Parajubaea cocoides dikwels geplant waar die hoogte bo seespieël sowat 2500 tot 3000 m is – hierdie plant is ʼn stadig-groeiende palm met minder ryp-bestandheid. Aangesien dit baie dieselfde eienskappe as die Parajubaea torallyi het, en sy natuurlike habitat onbekend is, word dit aanvaar dat dit ʼn kultivar is van die Parajubaea torallyi.
Die kleinste van hierdie palmspesies is die Parajubaea sunkha wat in 1996 benoem is. Dit groei slegs 8m hoog en kom voor in die Andiese valleie in die gebied van die Vallegrande in die distrik Santa Cruz in Bolivië waar die hoogte bo seespieël 1700 tot 2200m is. Dit is nog altyd verkeerdelik identifiseer as die Parajubaea torallyi totdat onlangse navorsing gedoen is en dit hernoem is na Parajubaea sunkha.
Palms van die klas Parajubaea is maklik om te teel. Die beste manier om hierdie plant te kweek is deur sade te gebruik. U moet egter baie geduldig wees omdat die sade baie stadig en oneweredig uitspruit in die wilde gebiede en sowat ʼn jaar en ʼn half neem om uit te spruit. Sommige sade begin binne ʼn maand ontkiem, terwyl ander tot twee jaar neem. Aangesien dit ʼn subtropiese palmspesie is, is dit beter om hul in ʼn lae temperatuur aan te hou, eerder as in ʼn hoër temperatuur (anders as in die geval van ander palmspesies) wat ʼn negatiewe invloed mag hê op die ontkiemingsproses. Hoë temperature beteken droë tydperke, wat nie ideaal is vir ontkieming nie.
Voordat sade gesaai word, moet sade in water geplaas word met ʼn temperatuur van sowat 20 °C vir rondom 5 tot 7 dae. Sade van die groter variëteit moet vir sowat twee weke in die water gehou word. Die water moet elke dag verander word – die sade moet ook losgemaak word om vir beter ontkieming te sorg.
Die weking van die sade in water sal die dormante periode afsluit en die reënseisoen inlui, wat die geskikste seisoen vir ontkieming is. Dormansie beskerm sade om nie te ontkiem gedurende die droë seisoen in Bolivië nie (die wintermaande vanaf Junie tot Oktober).
Nadat die sade in water geweek is, moet dit gesaai word in ʼn pot of plastieksak – maak seker dat slegs die helfte van die saak bedek is met grond en sien toe dat die temperatuur slegs 10 tot 20 °C is.
ʼn Positiewe invloed op goeie ontkieming is die verskil tussen dagtemperature (hoog) en nagtemperature (laag). Sodra die sade gesaai is, moet dit nie te veel water kry nie aangesien te veel water die jong plante kan laat doodgaan. Die groot verskil tussen die kweek van die Parajubaea en ander palmspesies is die laer temperatuur wat dit verkies sowel as die minder water.
Nadat die sade gesaai is, moet dit elke drie tot vier weke dopgehou word en sade wat ontkiem moet in individuele potte gehou word. Sommige palmkwekers gee die volgende raad rondom sade wat nie binne ses maande ontkiem nie:
Hou op om die sade nat te maak en laat die grond vir ʼn paar maande uitdroog. Haal die sade uit die grond en plaas dit terug in water vir sowat een week – saai dit dan weer. Hierdie sade behoort binne ʼn halfjaar te begin ontkiem. Indien sommige sade egter steeds nie ontkiem nie, herhaal die proses – die sade wat oor is, sal in die volgende reënseisoen ontkiem.
Die ontkiemingsratio van die Parajubaea-sade is amper 100% – u het net nodig om geduldig genoeg te wees en ʼn droë seisoen toe te laat vir die “lui” sade!
Wanneer u ʼn jong palm het, is dit gehard, maar onthou om dit nooit te veel water te gee nie. ʼn Jong palm verkies ʼn gematigde omgewing (in hul natuurlike habitat groei hul onder die skaduwee van volwasse palms) terwyl ouer plante ʼn sonnige omgewing verkies.
Genus Parajubaea is een van die mees bedreigde Suid-Amerikaanse palms. Die hoofrede hiervoor is die vernietiging van natuurlike habitatte, die verspreiding van boerdery-landerye, houtmyne en oor-beweiding deur vee. Hierdie palms kom voor in ʼn baie klein gebied en maak die risiko van uitroeiing soveel groter. Omdat die sade van hierdie plante ook so groot is, is hul verspreidingsvermoë uiters beperk. Die belangrikste dier wat hierdie palms help versprei na nuwe gebiede is die skouspelagtige beer (Tremarctos ornatus), alhoewel hierdie diere ook bedreig word deur menslike aktiwiteite.
Printed from neznama adresa