Die Klas Broodvrugte (Breadfruit) (Artocarpus) bestaan uit sowat 60 spesies van immergroen tropiese bome van die familie Moraceae (die moerbeiboom-familie of die vyeboom-familie). Hierdie boom kom voor in Suid-Oos Asië en die eilande van die Stille Oseaan. Die broodvrug (Breadfruit) is baie na verwant aan die Ficus (vyeboom). Die soort broovrugte (Breadfruit) wat die meeste gekweek word, is die Artocarpus altilis. Verskeie ander spesies soos die Artocarpus communis, Artocarpus integer (Cempedak), Artocarpus heterophyllus (Jackfruit, Nangka) en Artocarpus odoratissimus (Marang) is ook deel van die broodvrugte-familie.
In hierdie artikel sal ons u voorstel aan die Marang (Artocarpus odoratissimus). Dit is ʼn immergroen boom van die Borniese Eiland in Indonesië maar word ook wyd verspreid gekweeek vir plaaslike markte in omliggende lande soos Maleisië, Thailand en die Fillipyne. In plaaslike tale staan die broodvrugte ook bekend as Atau, Keiran, Loloi, Madang, Marang, Pi-ien, Pingan, Tarap, Terap, en Khanun Sampalor. Hierdie spesie is egter nie bekend buite die genoemde lande nie. Wanneer dit wild voorkom, groei dit in sanderige grond in woude by ʼn hoogte bo seespieël van rondom 1000m.
Die Artocarpus odoratissimus boom groei tot sowat 25 meter hoog en sy blare is sowat 16 tot 50 cm lank en sowat 11 tot 28 cm breed.
Aangesien dit eenhuisig is, is een plant genoeg vir die produsering van vrugte. Die vrug van hierdie bome is groen en eiervormig, 16 cm lank en 13 cm breed en weeg rondom een kilogram elk. Dit word rou of gaar geëet, maar sade moet altyd eers gaargemaak word voordat dit geëet word.
Die Broodvrug (Breadfruit) is ʼn baie noodsaaklike voedselsoort vir die mense van Suid-Oos Asië. Die binnekant van die vrug is sneeuwit, terwyl die vrug self ʼn baie soet, vrugtige, aromatiese geur het en ruik soos Doerian (Durio, die vrug op aarde wat die lekkerste ruik)
Die beste manier om die Marang Artocarpus odoratissimus, te versprei, is deur sy sade. Vars sade ontkiem goed en spruitjies maak reeds binne een week hul opwagting. Die ontkiemingsvermoë van sade neem egter baie af nadat dit vir sowat drie weke geberg is. Daarom moet sade dadelik nadat dit ge-oes is, in sanderinge, goed-gedreineerde grond gesaai word. Vegetatiewe verspreiding is minder suksesvol en peste en plae val hierdie bome nie maklik aan nie.
Die Broodvrugte (Breadfruit) is nie rypbestand nie. As gevolg van die plant se tropiese afkoms, behoort die minimum temperatuur nooit onder 7 °C te val nie. In tropiese of subtropiese gebiede kan die broodvrugte (Breadfruit) in tuine geplant word, maar moet binneshuis of in ʼn kweekhuis gehou word in gebiede waar ryp voorkom.
Printed from neznama adresa