Veselperskes van Indonesië

foto

Welriekende Mango (Mangifera odorata)

Daar is 34 veselperske-spesies (Mangifera) wat in hul natuurlike staat op die Borniese Eiland gevind kan word. Baie van hierdie spesies loop egter die gevaar om uit te sterf as gevolg van die reënwoude se ontbossing. Van hierdie veselperske-spesies soos die Kalimantan Veselperske (Mangifera casturi), het reeds in die natuur uitgesterf.

Sommig ander soorte veselperskes wat in Bornië gevind kan word, is onder andere die Mangifera griffithi (wat ook met die volgende plaaslike name vernoem word: asem raba, en romian), Mangifera pajang (asem payang), Mangifera quadrifida (asem kipang) en Mangifera torquenda (asem putaran).

Fragrant Mango (Mangifera odorata) is ʼn baie gewilde veselperske-spesie wat in Suid-Oos Asië verbou word. Dit is ʼn hibried tussen die baie gewilde veselperske (Mangifera indica) en die Horse Mango (Mangifera foetida).

Dit word ook met die volgende plaaslike name vernoem: kuweni, kuwini (in die Indonesiese taal); kweni, asam membacang, macang, lekup (in die Maleise taal); kuwini, ambacang, embacang, lakuik (in die Minangkabau taal); kuweni, kebembem (in die Betawi taal); kaweni, kawini, bembem (in die Sundanese taal); kaweni, kuweni, kweni (in die Javanese taal); kabeni, beni, bine, pao kabine (in die Madurese taal), kweni, weni (in die Baliniese taal); mangga kuini (op die Noord- Sulawesi); and kuini, guin, koini, kowini, koine, guawe stinki, sitingki, hitingki (op die Maluku Eilande).

Printed from neznama adresa