Die Kalimantan veselperske (Mangifera casturi) wat plaaslik bekend is as Kasturi, is a tropiese vrugteboom wat sowat 10 tot 30m hoog groei en baie bekend is aan die klein gedeelte rondom Banjarmasin in Suidelike Bornië in Indonesië. Dit het egter uitgesterf in die natuur as gevolg van onwettige ontbossing. Dit word egter steeds dikwels verbou in die area omdat dit die heerlikste vrugte dra.
Die grootte van die Kalimantan veselperske (Mangifera casturi) is relatief klein vergeleke met ander soorte veselperskes. Die vrug weeg nagenoeg 50 tot 84 gram elk. Wanneer dit nog nie ryp is nie, is die kleur van die vrug groen, maar wanneer dit ryp word, verkleur dit na bruin of swart en dikwels met ʼn pers skakering met ʼn baie gladde oppervlak. Die kleurpatroon is ook een van die maniere waarop die variante van die M. Casturi uitgeken kan word. Daar is tans drie opgetekende variëteite van die Mangifera casturi – Kasturi, Mangga Cuban en Pelipisan. Die gewildste van die drie is egter die Kasturi omdat dit so lekker ruik. Die Pelipisan ruik egter net so lekker met ʼn soet aroma wat herinner aan die reuk van die Kasturi wat aandui dat dit moontlik ʼn hibried van die Kasturi is. Daar moet egter nog heelwat navorsing gedoen word voordat bogenoemde bepaal kan word.
Die vleis van die vrug is oranje-kleurig en die tekstuur ietwat draderig terwyl die aroma soet is. Indien ons die Kasturi met die veselperske (Mangifera indica) vergelyk, smaak die Kasturi minder soet maar het egter ʼn sterker smaak en ʼn sagter aroma. Die vleis van die Kasturi vrug is hoog in vesel.
Besonderhede van die vrugte van die Kalimantan veselperske (Mangifera casturi), Bornië, en Indonesië
Die Kasturi is baie gewild onder die mense van Suid-Bornië en die mense van die omliggende gebiede. Die aroma van die vrugte is so heerlik dat daar ʼn ou liedjie gemaak is rondom die vrug wat lui: “Seharum kasturi, seindah pelangi, semuanya bermula.” Wat beteken: “O, die reuk van Kasturi is so mooi soos die reenboë. Hierdie liefde begin sy paadjie hier”
Onwettige houtkap-aktiwiteite het hierdie bome in die natuur laat uitsterf. Ou Kalimantan veselperske-bome loop ook die gevaar om uit te sterf as gevolg van die hoë kwaliteit van sy hout – die bome word om hierdie rede afgekap. Hierdie bome word egter op klein skaal deur plaaslike mense in hul tuine of klein plasies verbou.
Anders as die vinnig-groeiende tropiese vrugtebome, word die Kalimantan veselperske nie in groot plantasies in Indonesië aangeplant nie omdat die boom so stadig groei. Kalimantan veselperske-plantasies kan net gevind word in die Matamaran-gebied in die die Banjar-distrik (die Banjar-distrik moet nie verwar word met die Banjarmasin-distrik nie). In 1980 het die mense van Mataraman probeer om hierdie bome op klein skaal aan te plant en die eerste oes was in die jaar 2005. Alhoewel die vrugte volop plaaslik verkrygbaar is, voldoen dit steeds nie aan die aanvraag nie.
Die gebruike van die Kalimantan veselperske-bome is beperk tot vrugte en hout. Hoewel die ou bome stamme kan hê van tot 1 meter in deursnee, verkies die mense van Banjar (ʼn plaaslike etniese kusgroep wat hul in Suid-Bornië gevestig het) om net die vrugte te gebruik omdat die bome so lank neem om te groei. Om bogenoemde rede verkies die mense van Banjar om ander houtsoorte te gebruik met dieselfde kwaliteit hout, of selfs ʼn hoër kwaliteit. Dit is ook nie maklik om die vrugte in die hande te kry om te pluk nie omdat die bome so hoog groei – die vrugte wat van die bome afval, is nie van dieselfde hoë kwaliteit nie.
Die vrugte kan vars geëet word, of geprosesseer word in konfyt. Mens vind hierdie soort kontyt egter nie dikwels op plaaslike markte nie, omdat die boere dit self gebruik. Ander produkte wat van veselperskes gemaak word, is ondermeer puree, konfyt, vrugtesap of dodol (tradisionele koekies) – Hierdie produkte is egter skaars omdat die vars vrug hoog in aanvraag is en een van die mense van Banjar se gunsteling-vrugte is. Die vrugte is ook baie duur, maar volgens die mense van Banjar is die prys die ongelooflike smaak werd!
Printed from neznama adresa